Ek
is Bobby van Jaarsveld. Ek is gebore op 6 Maart 1987 en
bly in Centurion, Pretoria.Ek
het begin sing toe ek so 14 jaar oud was. Aan die einde
van my Graad 11 jaar het ek saam met Dozi getoer.
Na die toer het Dozi vir Blackie Swart van my vertel en
Blackie het toe my eerste recording kontrak vir my aangebied.
Twee jaar later het Theuns Jordaan my hoor sing en
my `n maand of later genader en `n kontrak aangebied nadat
hy sy eie plate maatskappy gestig het.
Sedert 2006 het elke jaar in Skouspel opgetree, en in 2008
het ek saam met my band begin optree. Lees meer...
Ek wil julle asb ‘n guns vra.
Ons moet binne die volgende
week of twee besluit watter
liedjie om te kies vir die
maak van die volgende
musiekvideo. Daar is twee
keuses: Nr 2 op die album –
KYK WAAR IS ONS NOU, of Nr 3
– NET VIR JOU. Sal julle
asseblief mooi na die
liedjies gaan
luister en dan
besluit watter een van die
twee liedjies julle sou kies
vir ‘n musiekvideo. Ek wil
baie graag julle mening
hieroor kry. So asb, luister
mooi en
stem hieronder!
15 Januarie 2010
Dit voel of ek maande laas `n nuusbrief gestuur het… Kan julle glo? 2010 is hier. Dit voel soos gister toe ons gehoor het SA gaan die wereldbeker aanbied en dit is nou hier. Ek hoop dat almal lekker vakansie gehou het en dat julle reg is om die jaar 2010 met mag en krag aan te vat!
Ons Desember toer het baie goed afgegaan en dit was lekker om weer in al die mooi Kaapse dorpe te kon sing. (Maar ek het tog ook Pretoria gemis…) Teen die einde het my stem dit amper nie gemaak nie, maar met ‘n inspuiting hier en ‘n pilletjie daar kon ons die toer suksesvol klaarmaak. Ek het natuurlik by een van die shows in die middel van ‘n song aan die hik gegaan. Nog nooit in my hele lewe het ek aan die hik gegaan terwyl ek show nie. Die mense het lekker gelag en ek het aangehou sing asof dit die normaalste ding ooit is om te hik terwyl jy sing…
Bobby van Jaarsveld is
sonder twyfel een van die
opwindendste en talenvolle
jong sangers wat die
afgelope jaar die
musiektoneel betree het. Met
sy Hollywood-voorkoms en
sterk stem het hy alles wat
nodig is om `n superster te
word.