Bobby van
Jaarsveld het die musiekbedryf betree aan
die begin van sy matriekjaar toe sy eerste
solo cd uitgereik is deur Bler Musiek.
Bobby se talent het nie ongesiens
verbygegaan nie en in 2006 is hy 3 keer as
Beste Nuweling genomineer. Dit was ‘n
Kanna nominasie by KKNK, ‘n nominasie
deur die Vonk tydskrif en ook ‘n
nominasie deur Huisgenoot. Bobby het
die Huisgenoot Tempo toekenning by
Skouspel 2006 vir Beste Nuweling
gewen. Dit was vir hom ‘n groot eer om as
een van die uitgesoekte kunstenaars, wat by
Skouspel 2007 opgetree het, aangewys te
word. Bobby het daarna nog 2 jaar
agtereenvolgend by Huisgenoot se Skouspel by
Sun City en ook by van Huisgenoot se ander
extravaganzas in Kaapstad opgetree.
In November 2006 het Theuns Jordaan
Produksies Bobby ‘n platekontrak aangebied.
Die cd DUISEND URE kry ‘n
splinternuwe baadjie en word heropgeneem met
van die bestaande liedjies, maar het ook 3
nuwe liedjies, deur Bobby self geskryf,
bygekry. Die cd se verkope het in Maart 2008
Goue Status bereik.
In Mei 2008 het Bobby met sy eie orkes begin
optree. Sy unieke en energieke optredes is
landswyd deur die gehore geniet. Die
verskeidenheid musiek gengres wat hy ook
tydens sy vertonings gebruik gee die gehore
iets om na uit te sien en verseker dat hulle
weer en weer terugkom om ‘n vertoning by te
woon.
In Oktober 2009 het Bobby sy tweede solo cd
uitgebring – NET VIR JOU. Die cd
bevat 13 liedjies – almal uit Bobby se eie
pen – wat meesterlik deur Coleske Artists
verwerk is. Dit is lekker luister en
saamsing liedjies met woorde wat jou bybly.
Hierdie album se verkope het binne die
eerste 8 weke Platinum Status bereik.
Die album NET VIR JOU is in Februarie 2010 benoem vir ‘n
gesogte SAMA TOEKENNING in die kategorie BESTE
AFRIKAANSE POP ALBUM. Die album is in hierdie
kategorie as die wenner aangewys.
Saam met die nuwe album het Bobby ook ‘n video gemaak
van een van die treffers op die album – SPIEËLTJIE
– dit het sommer vinnig rekord kykerstalle behaal en by
elke vertoning moet Spieëltjie gesing word.
‘n Video van die titelsnit van die album – Net vir Jou –
is sopas vrygestel en dit is alreeds net so gewild onder
die aanhangers.
Met sy nederige, innemende persoonlikheid en skaam
glimlag het Bobby in sy aanhangers se harte ingekruip en
in Januarie 2010 is Bobby as die kykers van DKNT (‘n
musiekprogram op KykNet) se Gunsteling Kunstenaar
vir 2009 aangewys.
Bobby het in 2009 die hoofrol in ‘n Afrikaanse
Musiekrolprent – LIEFLING – DIE MOVIE –
losgelaan. Hy het teenoor baie bekende akteurs en
aktrises gespeel. Die rolprent is vervaardig deur
Hartiwood Studios en word in November 2010 uitgereik.