SMS Solidariteit - Die Bobby van Jaarsveld Boemelaar Fonds

SMS FORUM na 38655 (R10 per SMS)
50% van die SMS bydraes gaan na Solidariteit se Helpende Hand Fonds en die ander 50% van die sms bydraes gaan aan die Salvation Army omdat dit die instansie waarheen meeste van die boemelaars gaan wanneer hulle honger is of 'n slaapplek nodig het.

Vir diegene wat meer skenkings wil maak, gebruik asseblief:
Naam Helpende hand Bank Absa
Rekening 9082262243 Tak 632005
VERWYSING BOBBY – BOEMELAARSFONDS
 
DRINGENDE HULP NODIG ASB!!

 

Help asseblief ons minderbevoorregte mense. Gaan kyk na die fotos hier op my website onder fotos, Plakkerskamp Foto's, Krugersdorp. As julle kan help met kos, klere, komberse, ou meubels, ens - kontak asb vir Melodie, 084-9901156.

 
Die Erfenissentrum

Die Voortrekkers nooi elke Afrikaner uit om die Erfenissentrum deel van sy eie erfenis te maak. ‘n Massa fondsinsameling word vanaf 1 Mei 2008 landswyd geloods om die uit¬staande boukoste in te samel.

Alle Afrikaner organisasies, Afrikaanse skole, Afrikaanse instel¬lings, Afrikaanse kerke, Afrikaanse kunstenaars, Afrikaanse radio- en televisiestasies asook besighede word hiermee vriendelik opgeroep om aktief aan hierdie projek deel te neem.

Enige bedrag kan in die Erfenisfonds se bankrekening geplaas word waarvan die besonder¬hede op die webblad van Die Voortrekkers geplaas is www.voortrekkers.org.za

Vir ‘n donasie van R5 kan ‘n SMS met die woord Erfenis gestuur word na nommer 36196.

Op Die Voortrekkers se webblad en in die nasionale pers sal deurlopend van die vordering van hierdie projek verslag gelewer word. Name van skenkers en organisasies sal deurgans vermeld word.

“Ons kan doen met ‘n miljoen!”. Kom ons wys dat ons trots Afrikaners is!

Lees meer...