Nuusbrief NR1, 2012
31 Januarie 2012
Hallo Julle,
Uiteindelik kan ek die nuusbrief gestuur kry..... Die sein waar ons vakansie hou in Sodwana is nie altyd lekker nie, maar nou ja hier is dit nou (as die sein hou........) Gaan dit goed? Ek kla verseker nie, want ek het baie lekker vakansie gehou (daar is nog ‘n paar dae oor.......) en ek sien uit na die nuwe jaar se shows en nuwe album wat in April op die rak sal wees!

Sion word so groot! Hy is ‘n bulletjie en ons hele gesin se kroonprins. Ek het dit so geniet om tyd met hom en Annatjie te spandeer hierdie vakansie. Hulle was ook die hele Desember saam met my op die pad toe ons getoer en dit was rerig vir my lekker om my gesin by my te hê terwyl ek getoer het! Nie altyd maklik vir hulle nie, maar baie lekker om hulle by my te hê. Ons was so twee gelede by Arno en Lizanie Jordaan se troue en ek het lanklaas so ‘n mooi troue bygewoon (behalwe my eie troue wat vir my die lekkerste was.........!). Ek wens vir Arrie en Lizanie net die moooiste toe en kan maar net vir hulle sê dat dit baie lekker is om getroud te wees. Ek love vrou en kind!!!!

As ek die week terugkom gaan ek en my band bymekaar kom en ons show bespreek vir 2012! Ons gaan ‘n hele paar nuwe dinge in die show inbring en ek hoop julle gaan dit geniet. Ons gaan net eers moet rehearse om al hierdie nuwe songs onder die knie te kry, maar ons sien uit! Ek wonder of julle dalk bietjie idees kan gee. Watter liedjies, behalwe die op my cd, sal julle graag op my show wil hoor? Julle kan op my gasteboek julle voorstelle gaan los. Ek sal graag wil sien wat julle voorstel. Asb!

Ek sien KAN EK MET JOU PRAAT doen goed op Jacaranda 94.2. Ek is baie bly daaroor, want die song is baie spesiaal vir my. As julle wil, kan julle op Jacaranda se website gaan stem vir die liedjie. Hier is die voting link – click net op die link en dan kom jy direk by die voting bladsy uit. http://www.jacarandafm.com/kagiso/content/en/jacaranda/jacaranda-top-20

Ek wil julle graag vertel van die show wat ek en my orkes, Karlien en haar musikante asook Karen Ferreira gaan doen op 18 Februarie in Ellisras. Hierdie konsert is ten bate van Pippie Kruger wat baie lelik verbrand het. Sy gaan nog vir lank in die hospitaal wees en haar ouers is onkostes is baie hoog. Ons wil probeer om minstens R50,000-00 bymekaar te maak met die konsert om by te dra vir Pippie se mediese onkostes. Ek wil julle baie, baie mooi vra om hierdie konsert te ondersteun. As julle in Ellisras of naby Ellisras bly, ASSEBLIEF, kom na hierdie show toe. Ek vra julle baie mooi. As julle kaartjies wil koop bel hierdie twee nommers - 0723409016 / 0719079908. Bel sommer dadelik vir kaartjies asb julle.

Daar is baie mense wat vra oor die Israel toer wat ek in Junie gaan doen. Ek is baie opgewonde oor die toer, want Annatjie en Sion gaan hierdie keer saam...... Ons sien BAIE uit! Die toer is van 24 Junie tot 6 Julie. As julle saam met ons wil gaan toer, stuur net ‘n email aan Hebrew People info@hebrewpeople.com of friends@hebrewpeople.com - Chanelle sal dan vir julle al die info van die toer kan gee. Julle kan ook op my website - CLICK HIER - gaan kyk vir info oor die toer. Dit is `n fantastiese ervaring om Israel te toer. Ek gaan nou vir my 3de keer!!!

Daar is ietsie wat my pla en ek sal nogal graag julle opinie wil hoor. Daar word onsettend baie media dekking gegee aan die feit dat die renosters so uitgemoor word vir hulle horings. Dit is op facebook, twitter, email, TV, koerante, radio, ens. Verstaan my asb baie, baie mooi. Dit is onsettend belangrik dat daar soveel aandag hieraan gegee word en ek steun dit absoluut 100%. Al wat my egter pla is die feit dat dieselfde effort nie ingesit word om plaasmoorde te voorkom nie. Mense, dit maak nie vir my sin nie. Dit pla my onsettend baie. Daar is elke dag berigte van mense wat op plase (dorpe en stede ook) vermoor word, maar daar nie naastenby soveel aandag daaraan gegee soos aan die renoster stropery nie. Hoekom nie? Pla dit nie ook vir julle nie? Moet daar net soveel aandag ook hieraan gegee word nie? Wat is julle siening hieromtrent? Laat weet bietjie op die gasteboek wat julle hiervan dink asb.

Op ‘n ligter noot – ons hond, Bella het 4 kleintjies gekry in die tyd wat ons in Sodwana was (nog steeds is) en ons kan eintlik nie wag om hulle te sien nie. My ma en Cara moes Bella bystaan in die kraamproses terwyl Annatjie die hele tyd met hulle op die foon was om te hoor hoe hierdie kraam proses verloop het........ Ons sien hulle darem Woensdag. Ons hoop net Baboo, Karlien, se hond is die pa van die kleintjies, anders weet ons nie watse hondjies is nie. Bella en Baboo is Wirehair terriors. Ons sal maar moet wag en sien........

Amper vergeet ek.............
Ek is genomineer as Gewildste Fiesta Aanbieder. As julle wil, kan julle ‘n sms stuur om vir my te stem. Dis maklik. Jy sms net A2 na 33690. Blykbaar kan jy soveel sms’e as wat jy wil. Ek sal dit waardeer as julle dalk ‘n sms kan stuur. Asseblief en baie dankie!!!!

Ek sal my miskien in my volgende nuusbrief vir julle bietjie meer kan vertel oor
‘n nuwe Afrikaanse fliek waarin ek en Karlien gaan speel..... Ongelukkig mag ek nie nou meer hieroor sê, maar ek kan julle verseker. Dit is ‘n vrek mooi storie. Ek kan eintlik nie wag om julle meer hiervan te vertel nie.

Ek sien ook baie uit na die produksie wat ek saam met Nataniel gaan doen. Ek het groot respek vir Nataniel se talent en dit is vir my ‘n hengse groot voorreg om ‘n produksie saam met hom te kan doen. Die shows gebeur alles in April en ek sal die plekke en datums vir julle gee in my volgende nuusbrief.

Nou ja, ons gesels weer einde Februarie. Soos altyd – baie dankie vir julle ondersteuning. Ek waardeer dit meer as wat woorde kan beskryf. Ek bedoel dit. Julle is spesiaal.

My vers vir julle vir Februarie –
Ps 118:9 Dit is beter om by die Here te skuil as om op edeles te vertrou.

Baie blessings en groete tot ‘n volgende keer!

Bobby