Fil 4:13    Ek is tot alles in staat deur Jesus Christus wat my krag gee.

WELKOM!WennerBobby van Jaarsveld het die musiekbedryf betree aan die begin van sy matriekjaar toe sy eerste solo cd uitgereik is deur Bler Musiek. Bobby se talent het nie ongesiens verbygegaan nie en in 2006 is hy 3 keer as Beste Nuweling genomineer. Dit was ‘n Kanna nominasie by KKNK, ‘n nominasie deur die Vonk tydskrif en ook ‘n nominasie deur Huisgenoot. Bobby het die Huisgenoot Tempo toekenning by Skouspel 2006 vir Beste Nuweling gewen. Dit was vir hom ‘n groot eer om as een van die uitgesoekte kunstenaars, wat by Skouspel 2007 opgetree het, aangewys te word. Lees meer...
Kyk Hier!

My Dagbeplanner vir 2012 is vanaf 25 November in winkels soos CNA en Gospel Direct beskikbaar!

JONGSTE NUUSBRIEF

31 Januarie 2012

Uiteindelik kan ek die nuusbrief gestuur kry..... Die sein waar ons vakansie hou in Sodwana is nie altyd lekker nie, maar nou ja hier is dit nou (as die sein hou........) Gaan dit goed? Ek kla verseker nie, want ek het baie lekker vakansie gehou (daar is nog ‘n paar dae oor.......) en ek sien uit na die nuwe jaar se shows en nuwe album wat in April op die rak sal wees!

Sion word so groot! Hy is ‘n bulletjie en ons hele gesin se kroonprins. Ek het dit so geniet om tyd met hom en Annatjie te spandeer hierdie vakansie. Hulle was ook die hele Desember saam met my op die pad toe ons getoer en dit was rerig vir my lekker om my gesin by my te hê terwyl ek getoer het! Nie altyd maklik vir hulle nie, maar baie lekker om hulle by my te hê. Ons was so twee gelede by Arno en Lizanie Jordaan se troue en ek het lanklaas so ‘n mooi troue bygewoon (behalwe my eie troue wat vir my die lekkerste was.........!). Ek wens vir Arrie en Lizanie net die moooiste toe en kan maar net vir hulle sê dat dit baie lekker is om getroud te wees. Ek love vrou en kind!!!!

As ek die week terugkom gaan ek en my band bymekaar kom en ons show bespreek vir 2012! Ons gaan ‘n hele paar nuwe dinge in die show inbring en ek hoop julle gaan dit geniet. Ons gaan net eers moet rehearse om al hierdie nuwe songs onder die knie te kry, maar ons sien uit! Ek wonder of julle dalk bietjie idees kan gee. Watter liedjies, behalwe die op my cd, sal julle graag op my show wil hoor? Julle kan op my gasteboek julle voorstelle gaan los. Ek sal graag wil sien wat julle voorstel. Asb!
 

Lees meer...

 
Opkomende Shows  
WAT IS NUUT
SLUIT AAN BY MY NUUSBRIEF
So nou en dan wil ek jou graag laat weet van nuwe gebeure of belangrike nuus. Sluit aan by my nuusbrief en jy sal een van die eerstes wees om te weet!
Naam:
Email:
Bobby op Twitter