Ek
en Theuns Jordaan het besluit om my
ou album, DUISEND URE, 'n bietjie
meer woema te gee. Ek het natuurlik
bietjie ouer geword die afgelope 2
jaar vandat ek die album opgeneem
het en my stem het ook baie verbeter
van toe af tot nou.
DUISEND URE is 'n album met baie,
baie potensiaal en daarom het ons
saam besluit om die ou album weer bietjie nuut te maak. Ons het ook 'n
nuwe song, WAAR IS JY, bygevoeg op
die album en ek is seker hierdie
song is 'n wenner. WAAR IS JY is
geskryf deur Riku Latti. Ek het ook
'n nuwe musiek video van BOEMELAAR
geskiet. Kyk uit daarvoor op MK89 en
KYKNET