Bobby van Jaarsveld is sonder twyfel een van die
opwindendste en talenvolle jong sangers wat die afgelope
jaar die musiektoneel betree het. Met sy Hollywood-voorkoms
en sterk stem het hy alles wat nodig is om `n superster
te word.
Bobby se debuutalbum, Duisend Ure, het in 2008 goue
status bereik en sy nuwe album, Net vir Jou,
is een van 2009 se opwindendste vrystellings.
Bobby het in 2006 die Huisgenoot Tempo-toekenning as
beste nuweling gewen en is in 2007, 2008 en 2009 genooi
om deel van die tydskrif te glansryke Skouspel-konsert
te wees.
Hy het in Mei 2008 saam met ‘n lewendige orkes begin
optree en sy konserte is ‘n goeie mengsel van sy eie
oorspronklike werk en dié van kunstenaars soos Neil
Diamond, Dean Martin en Frank Sinatra.
Sy nuwe album gaan weer eens bewys dat Bobby net so `n
talentvolle liedjieskrywer is as wat hy is sanger is. Al
die liedjies op Net vir Jou kom uit sy pen
behalwe vir Spieëltjie waar hy bygestaan is deur Ruan
Theron en Jan Wolmarans. Hulle het hom gehelp om hierdie
treffer liedjie af te rond!
“Elkeen van die liedjies op die album vertel ‘n storie,”
vertel Bobby. “Die liedjies is op so ‘n manier
vervaardig dat dit tot ‘n groot gehoor sal spreek. Ek
het vir agtien maande lank aan die liedjies vir die nuwe
album gewerk en op die ou end het ons die beste veertien
snitte vir die album gekies.”
Bobby se nederige verhoogpersoonlikheid maak van hom ‘n
baie gewilde kunstenaar. Hy werk geweldig hard en is
baie gewild onder aanhangers en mede-kunstenaars. Hy is
`n toegewyde Christen en sy geloof is een van die
belangrikste aspekte van sy lewe. Bobby het `n hart van
goud en `n glimlag wat jou week in die knieë maak.
“Ek is baie geseënd. Ek leef my droom en is baie
bevoorreg dat ek saam met van die beste mense in die
musiekbedryf kan werk. Met Net vir Jou
hoop ek mense sal sien dat ek `n kunstenaar is wat nog
`n lang pad in die musiekbedryf wil loop.”
Bobby
van Jaarsveld is aangewys as
GUNSTELING
KUNSTENAAR van 2009 deur die
DKNT Kykers!!!!!!
So nou en dan wil ek jou graag laat weet
van nuwe gebeure of belangrike nuus. Sluit aan by my nuusbrief
en jy sal een van die eerstes wees om te weet!