|
Persoonlike
inligting: |
Bobby is gebore op 6 Maart 1987 in die
Paarl.
Sy doopnaam is Pieter.
Hy het die bynaam Bobby by sy pa gekry. Sy
pa se naam is Bob.
Bobby woon tans in Centurion. |
|
Familie: |
Bobby is die middelste van 3 kinders – hy
het 2 sussies – Karlien en Cara.
Sy pa, Bob, woon in Witbank en ma Ronel in
Hartbeespoort. |
|
Skoolloopbaan: |
Bobby was in 7 verskillende laerskole (sy pa
het baie verhuis vanwee sy werk).
Bobby was net in een hoërskool, Hoërskool
Brits waar hy matrikuleer het.
Hy het hokkie gespeel op skool en was ook ‘n
leier in sy matriekjaar. |
|
Gunsteling
kossoorte: |
Pasta, Sushi, Fillet steak en KFC. |
|
Gunsteling kleur: |
Groen |
|
Troeteldiere: |
Bobby is baie lief vir enige diere.
Een van sy troeteldiere op skool was ‘n
slang. Darem nie ‘n giftige slang nie.
Hy het later ook vir hom ‘n iguana aangeskaf.
Sy gunsteling hond se naam was Baboo en hy
was ‘n baie stout wire hair terrier. |
|
Gunsteling
vakansieplek: |
Bobby hou graag vakansie in Sodwana. |
|
Wat
hy sou doen het as
hy nie gesing het nie: |
Hy sou 'n veearts geword het. |
|
Vryetyd: |
Bobby hou daarvan om te gaan fliek en is mal
oor popcorn.
Hy is ook altyd besig om nuwe liedjies te
skryf in sy vrye tyd. |
|
Musiekloobpaan: |
Bobby het op hoërskool aan talentkompetisies
begin deelneem en daar het sy liefde vir die
musiekbedryf begin.
Hy het sy eerste cd kontrak in Graad 11
gekry en sy eerste solo cd is uitgereik
vroeg in sy matriekjaar.
Daarna het hy professioneel begin optree. |